|
Many people compliment me on my 3 year olds speech, saying how wonderful she speaks for her age! I owe this all to speaking kids who made an immediate difference in how my Child pronounced her words as well as extended her vocabulary. What makes speaking kids even greater is that my child enjoyed the sessions and I was kept up to date with her progress. A.Mouton Ons kan beslis die verbetering in Mandie en Chrisna se spraak sien, veral in die manier hoe hulle woorde en syfers uitspreek en skryf en self die juffrouens by die skool is vol lof oor die verbetering van die twee se skryf en spraak. Daarom wil ek (Christo) en Ronel vir jou opreg dankie sê vir al jou hulp tot dusver. Jy het beslis die vermoeë om met kinders te kan werk en sal jou by enige iemand aanbeveel. Christo en Ronel Kruger
Baie dankie vir al jou hulp met hom, ons kan beslis die verskil sien en HOOR !!!!!!!!!!!! Vanessa Delport
Baie dankie vir dit wat jy reeds vir hom gedoen het - jy kan dit in sy manier van praat agterkom dat hy wel luister en doen wat jy hom gese het! Ek hoor nou flieks en bedrywighede in DETAIL en BAIE meer beskrywend as voorheen! Melanie Smit
Met groot kommer in 'n moeder hart het ek jou genader omtrent Julius. My ma het jou verwys en jy het met Doinet wondere verrig. Daar was dadelik 'n band van vertroue. Seun het huistoe gekom met opgewondenheid oor die nuwe Tannie wat hy sien. Nooit was my seun te veel moeite of veeleisend vir jou nie. Elke keer as die sessie verby is het ek 'n telefoon oproep gekry om te se hoe het dit vandag gegaan. Self met die emosies en omskommeling van 'n nuwe skool, ouma wat hy verloor het was jy (Helouis) daar. Vinnig is daar opgetel dat dit nie goed gaan met hom nie, want jy het sy vertrouling geword. Dankie vir als. Esme Zerwick
Johane het toe Donderdag aand gepraat en dit het uitstekend gegaan. Sy het een van die 2 wissel trofee gewen :) Baie Dankie vir al jou hulp. Yvonne Yes, he has improved so much for a person who never spoke English. Thank you so much for helping him. Mahlako
|
|